Nommerpas
versekeringsdekking vir bates waaraan u waarde heg.
Asook vir aanspreeklikhede vir verliese of skades
opgedoen deur ’n ander (derde party) persoon deur enige
nalatige handeling of optrede.
Korttermyn Versekering is
basies onontbeerlik in alle vlakke van die samelewing en
almal besit een of ander vorm daarvan.
Ons poog om die regte
produk teen die regte prys aan u te bied. Nuwe
Versekeraars ontstaan by die dag en nuwe produkte volg
daarmee. Tans is daar meer as 200 geregistreerde
Versekeraars in die Mark. Ongeveer die helfte is die
sogenaamde Onderskrywings Bestuurders wat spesialiseer
in NIS -produkte en waarvan sommige ook deel maak en
aanbeveel word.
Die versekeringsmark is
allermins stagnant en ons wil nuwe innovasies met u deel.
Ons is ook bereid om ’n
basiese oudit gratis te doen op ’n portefeulje van R
3000 maand premie of meer. Doen gerus navraag in die
verband sonder enige verpligting aan u kant.
Ons onderskryf alle vorms
van Wetgewing rakende diens aspekte en die beskerming
van persoonlike inligting en die regmatige en billike
hantering van kliënte.
|